DIENSNUUS : 6 NOVEMBER 2011
LUISTER:
¨ Welkom by ons DANKFEES Ons doop 3 babas op ons feesdag: die ouers is Clayton +Jeané Kolbe, Camiel +Michele de Vleeschauwer en Martin +Maryke Ferreira.
¨ Ons GEMEENTE-ETE begin 12:00. . Bring eie eetgerei, drinkgoed, stoele en dalk sambreel, en kom kuier om ou en nuwe vriende te ontdek.Potjiekos, rys en slaai is gratis. Dankie vir 15 potjiekoskokke, en slaaimakers en ryskokers.
-Ons kuier as WYKE saam met elke wyk se kerkraadslid. Selfs as jul nie jul persoonlike brief gekry het of as jul kerkraadslid dalk nie persoonlik gebel het nie, kom nog steeds, want niemand mag dit misloop nie.
Daar is PRET ook:
-Bring elkeen die onnodigste ding in jou huis wat jy ooit gekoop/gekry het, en kom vertel die storie. En ons ruil dit uit want iemand anders kan dit dalk wel gebruik
-Kinders kry ‘n waterglybaan
-Ons speel Minute-to Win-it speletjies
¨ Jou TIENDEMAAND DANKOFFER kan enige Sondag in die kollektesak-kies gegooi word of per EFT oorbetaal word. Dis ons roeping om ook met ons finansies God se koninkryk te bou
¨ Die KINDERKERK (18 mde –gr.3, 9:00 in lokale agter kombuis) maak kinders opgewonde oor God+kerk.
¨ DEURKOLLEKTE: Noodhulp aan eie lidmate-
¨ Volgende Sondag is dit NAGMAAL Jy is uitgenooi deur Jesus self.
¨ Onthou KERSSANGDIENS 27 Nov.
¨ MULTIKULTURELE EREDIENS So. 15:00 in Grot by die kerk is bedoel vir Afrikataal-sprekers. Versprei die nuus asb
¨ OPNAMES van eredienste op CD is beskikbaar by kerkkantoor @R20.
PRAAT + KUIER SAAM..
¨ KROONJARE nooi alle afgetrede-nes vir lekker kuier by ons KERSETE Do.24 Nov.Marie Delport 0116733530.
¨ BYBELSTUDIEGROEP Wo. 9:00 by die kerk is oop vir almal wat wil kuier by vriende en saamsoek in die Woord.
¨ NAALDWERKKLASSE vir huishulpe elke Do.16:00 by die kerk hervat 13 Okt
DOEN IETS +HELP ASB
¨ Almal wat ‘n geskenklys geneem het vir die KERSPARTY vir behoeftige kinders in Laerskool GenlDelaRey, bring asb terug voor 12 Nov
¨ Aan elke huis is‘n persoonlike brief gepos. Dit bevat jul uitnodiging na die gemeente-ete en vir die eerste keer ‘n persoonlike verslag oor dankof-fers wat van elke huisgesin ontvang is. Ons nuwe finansiele program maak dit nou moontlik om so ontvangs te erken van dankoffers omdat die outydse kwitansies nie meer haalbaar is nie
¨ Ons wil ons gemeentesang aanhelp met ‘n VOORSANGGROEP vir 2012. As dit dalk jou roeping en talent is, gesels met Alma Botes musiekdirek-teur 0823592820
¨ Ons benodig ‘n TUINWOONSTEL om te huur in omgewing van Berario/ Fairlands/Linden vir ‘n ma en kinders. Skakel dr Henk 0832670108.
¨ KRUIDENIERSWARE-VIR-KERS-FEES: laasjaar kon ons 120 arm gesinne help met R70000 se kos en noodsaaklikhede. Hierdie Kersgeskenk help hul in Januarie oorleef. Neem gerus ‘n houer en ‘n lys van kruide-niersware (koste per houer is ±R700). Maak die aankope dan ‘n gesinsprojek en lewer dit af by die kerk teen 19 Des vir uitdeel 23 Des
¨ Ons beplan reeds vir 2012. Enigeen wat wil help dink is welkom, bv. by
-Omgeegroepe Andre 0848006543
-Projekte en Kommunikasie Doreen 0825778436
-Eiendomme Barry 0823361692
-Gebed Rita Maritz 0724350972
-Musiek Alma Botes 0823592820
¨ Die 365-dae Bybeldagboek ‘n JAAR MET GOD bevat dagstukkies gegrond op RSG radioboodskappe deur beken-de skrywers (oa dr Henk Gous ook). Kyk daarna by die infotoonbanke en bestel @R130. R25 van inkomste gaan vir Noodhulp aan eie lidmate.
¨ VROMMEL is die afkorting vir “voort-durende regruk, opknap en mooimaak met eie lidmate” Enigeen is welkom om ons kerk-mooimaak-span te kom help met idees, regskuif, plant, ens. Bel Alma 0823592820
¨Laat POLEER jou silwer/koperware en help ons werkverskaffingsprojek. Hulle wag tans dringend vir werk. Hester 0824407570
¨As u weet waar die bakke van die BAINMARIE in die kerk se kombuis dalk kan wees, laat weet ons asb.
¨ DAMESGROEP vir naaldwerk of net kuier Donderdae 9:00 in die jeuglokaal olv Hester Potgieter. Almal welkom
¨MobieG, ons beradings-oproepsentrum vir tieners, benodig BERADERS. Dis nie moeilik nie (tans help gr.11 kinders tot 60-jariges) en ons gee opleiding. Dit vereis soms sessies Di. of Do. aande 19-21:00. Bel Stephnie 0827350566.
¨LEES- EN SKRYFKLASSE vir volwas-senes deur Dept Onderwys: Dinsdae 18-19:00 in ons kerk, Praat asb met u werkers en vra dat hul die nuus versprei
¨VRIESVRIENDE voorsien in groot NOOD In die voorportale is borde om etes in te skep. Vries en bring weekliks kerktoe om te versprei waar mense honger ly, oa skole.
¨Ons CLAREMONT-PROJEK help mense wat soms feitlik niks meubels in hul huise het nie, met enige huisware wat lidmate skenk. Die afgelope tyd het Hester Potgieter en haar span die volledige inhoud van 4 huise ontvang en dadelik versprei na behoeftiges. Dit was huise waar mense moes ouete-huis toe trek of afgesterf het. Hul besittings het groot nood verlig.
¨ Kook ‘n POT SOP asb vir die 50 mense by die Bybelstudiegroep elke Woensdag in Claremont: 3 liter sop Di.aande by Hester Potgieter, Langeln 138, 0824407570.
¨100 weeskinders benodig elke dag kos by die FDP sentrum in die St Andrews Kerk in Jeppestown. Gesels na kerk met dr Joop Lensink 0826271247 wat as sendeling hierdie groot projek bedryf. Bv. dat ‘n firma dit steun, of dat ‘n winkel kos by vervaldatum daarheen stuur.
¨In die sysaal op die HELPMEKAAR KEN-NISGEWINGBORD kan u enigiets opsit (te koop, blyplek, werk, vakansie, dienste).
¨ Wil jy prakties help? As ELKE lidmaat EEN takie opneem, gaan ons gemeente berge kan verskuif.
1) Eredienswerkers ontvang mense met ‘n glimlag by die deure. Skofte elke 3e week. Bel Johan Broodryk 0724468622
2) Hulp/eetgoed by broodfees by nagmaal,
3) Help teeskink by begrafnisse.
4) Naaldwerk vir 20 huishulpe Do.16-17:30. Afloshulp soms vir Anria +Marie.
¨Neem gerus by die deure 1) HART-KLOP ons gemeenteblad, 2) LIG ons kerk se gesins-tydskrif (bring asb terug na dit gelees is sodat meer mense ‘n gratis kopie kan neem, of koop dit self) 3) KERKBODE ons NG Kerk se koerant, vir betroubare feite oor kerksake.
KONTAK ONS ASB
¨ Ons WEBWERF en FACEBOOK-bladsy is nuttig en interessant. Gaan kyk na foto’s van ons almal, van doopbaba’s na uitreike, by www.quellerina.co.za of sluit aan by Facebook groep NG Quellerina
¨ BESOEKERS of NUWE INTREKKERS: Vul asb ‘n vorm (in rakkies in voorportaal) in en gooi dit in die bussies by die deure (of bel kantoor 011 4777198) want ons wil graag kom kuier +beter leer ken. Ons kantoor kan dan SMSe oor gemeente-aksies stuur of lidmaatsertifikaat aanvra.
¨ Die leraars sal graag help met enige behoefte en persoonlik gesels. Skakel gerus vir ‘n afspraak: dr Henk Gous 0832670108, ds Henk Theart 0834495510. Laat weet veral met siekte of hospitalisasie:
GEE ASB
¨ 4 Opsies vir u DANKOFFER:
1) debietorder (vorm: vakkies by deure)
2) koevert in ‘n kollektebord;
3) direk aan u kerkraadslid.
4) Internet oorbetaling: ABSA Florida; Tak-kode: 630341, Rek nr: 01003961211 (Tjek) Rek.houer NG Quellerina. U kan u bydrae toewys aan ‘n saak van u keuse.
Het u al u bydrae onlangs aangepas?
GEBED
¨KERKRAADSVERGADERING Ma. 7 Nov 19:00 in jeuglokaal beplan 2012
¨ Bid vir BEPLANNING vir 2012 waar-mee ons God se koninkryk sal bou.
¨ Sat.GEBEDSGROEP Sat 8:00. MANNEGEBED Vry 6:00
¨Koot Barnard 0828882664 se Ma is laasweek in George oorlede.
¨ Ons vra gebed ivm SIEKTE:
Hennie Lotter 0729948748 se bejaarde moeder in Polokwane
WillieGoosen 0117949251,0725240974
Hendrik Vorster (rugoperasie) 0731333731
Heidri Mittendorf 0833213760
Hannie Venter 0116733086
Marga Mostert 0827843046
Henk Otto 0837704461,
Isaac Bosman 0829942377,
Elsa Bezuidenhout 0114775238,
Liz Burger 0842701462
Annalie du Rand 0116780804,
Merlyn vd Merwe 0824438428,
Willie du Randt 0116731650.
¨Waterval Village gebed: Judy Pieterse, Ina Viljoen, Chrissie Espach, Beatrice Botha, Mienie van Zyl, Jannie du Plessis en Mottie Swanepoel.
BEL ASB
VERJAARSDAE IN NOV
11/06, Logan, Geldenhuys, 678-4879
11/06, Anton, Visser, 672-6365
11/06, Brendon, Wessels, 477-6188
11/08, Bianca, Kotzé, 477-2318
11/08, Linda, Smith, , +27828619063
11/09, Anemieke, Basson, 011673 0442
11/09, Kayle, Blignaut, 472-8402
11/09, Jacques, Malherbe, 0832796362
11/09, Trumari, Marais, 0726069073
11/10, Louise, Swart, 477-1048
11/10, Anita, Van As, 0845060025
11/10, Mienie, Van Zyl, 472-1777
11/11, Yvette, Boys, 673-2918
11/11, Rensie, Fourie, 643-8033
11/11, Jeanné, Jacobs, 673-9071
11/11, Yolanda, Jacobs, 673-9071
11/11, Maretha, Schwim, 011 673 8467
11/12, Riecus, Blignaut, , +27825639395
11/12, Anton, Greffrath, 472-3293
11/12, Herman, Kruger, 477-6348
11/12, Truida, Oosthuizen, 472-0903
