Diensnuus 17 Februarie 2019

Diensnuus 17 Februarie 2019

Rooi Lippe Damestee – 23 Feb – edit

 

Kom deel in die heerlikheid van Jesus Christus se hemelvaart!

Ons Pinkster reeks skop Sondag 28 Mei af, kom vier hierdie tyd saam met ons en verdiep jou geloof deur saam te kom dink oor: “Dissipelskap”. Dr Adre van den Berg lei die reeks.

 

Almal word hartlik uitgenooi na ons Hemelvaartdiens op Donderdag 25 Mei 2017 om 19:00.  Dr Adre vd Bergh lei die diens.  Die diens gaan deel vorm van ‘n reeks wat hy doen oor Pinkster.  Die dienste op 29, 30 en 31 Mei asook die oggenddiens van 4 Junie.  Na elke aandbyeenkoms gaan ons ook lekker kan saamkuier rondom heerlike sop en broodjies

Vrydag was ons eerste mannebyeenkoms vir die jaar gewees. Ons het lekker saam gekuier oor ‘n koppie koffie en na Ds Henk geluister wat die vraag gevra het: “Hoe lyk ‘n regte man vanuit die Bybel?”

Kom gerus saam na die volgende byeenkoms 24 Februarie, 06:00 by Die Plaas Kombuis.

Manne

Jaarliks gee NG Quellerina ‘n kruideniersware geskenk vir behoeftiges in Claremont. Hester Potgieter is die hele jaar betrokke by hierdie mense se fisiese en geestelike welstand. Hierdie pakkies is baie keer die enigste kruideniersware wat oor die Desember kersgety in huise beskikbaar is. Met die uitdeel op 2 Desember 2016, is daar kruidenierwarepakke aan 117 gesinne uitgedeel. Die personeel en Skoolhoof by Laerskool Claremont het ook gehelp om alles uit te deel, mooi te maak. Baie dankie vir almal wat op een of ander manier die Claremont Kersfees vol warm liefde gemaak het.

IMG_0236IMG_0108IMG_0106IMG_0105IMG_0113IMG_0112IMG_0117IMG_0121IMG_0130IMG_0126IMG_0134IMG_0135IMG_0141IMG_0140IMG_0153IMG_0150IMG_0172IMG_0178IMG_0180IMG_0181IMG_0197IMG_0196IMG_0203IMG_0210IMG_0236IMG_0246IMG_0247IMG_0211

Donderdag 15 September 2016 word ons jaarlikse Gholfdag gehou by Eagle Canyon Gholfbaan.

Die formaat van die dag is ‘n “Scramble Drive Mystery Holes” en begin 11:30.

Kostes:  R3200/4-bal.  Dit sluit karretjies, aandete en pryse vir almal in.  Daar is net plek vir 20 4-balle.

Bespreek vroegtydig by Wikus:  wikus@magnak.co.za

Eagle Canyon Gholfclub

Op Saterdag 25 Junie 2016 is dit weer tyd vir ‘n Damestee.  Kom kuier saam met Mareli Visser (Wenner van Koekedoor 2015) en Estelle van Vuuren.  Kaartjies is R150 en kan by die Kerkkantoor verkry word.  Vir enige navrae, skakel Liezel by 011 673 2212.

Mareli Visser