Byeenkomste

Byeenkomste

 

Oggend Erediens (Sondae 9:00)

Ons kerkgebou het ‘n besondere atmosfeer en ons mense voeg nog warmte by.

  • Saamsing is werklik lofprysing met ‘n goeie orkes (en soms ook orrel) olv ons musiekdirekteur Jaco Niemand.
  • Preke is prakties en Bybelgetrou. Ons gebruik gereeld visuele media en getuienis. Lidmate kry elke Vrydag ‘n SMS met die preektema en spesiale reëlings
  • Ons kuier graag voor en na die kerk met teedrink en lank gesels.
  • Eredienswerkers sal jou by die deur ontvang en help waar nodig

 

Kleuters 3jr-Gr.3 JIK

Ons kleinmensies geniet kerk so baie dat hul hul ouers wakker maak vir kerk op Sondae. Hul sing eers saam met die gr.4-6 kinders in die jeuglokaal, en kry dan ‘n boodskap en baie aktiwiteite in die kinderkerklokale (deur kombuis agter die kerk) Sonja Theart 0839508313  

Gr4 tot Gr6 KFC

Na lekker saamsing met bewegings en dansies, kry hul ‘n boodskap met aktiwiteite en baie deelname.  Kontak Elmarie Steyn 0829333945.  

Jeugdiens JAM Gr.7-20ers So.17:30

JAM is cool. Tieners kry hier die F’s van kerk “Faith, Fun, Friends and Food.” Ons kuier eers op die grasperk agter die kerk tot 17:30. Dan is daar lofprysing en ‘n boodskap in die saalgedeelte van die kerk. Dis nie sit en luister nie: dis ‘n ervaring waaraan elkeen deelneem. Dan gesels elke graadgroep saam met hul jeugspanlid oor die onderwerp buite op die grasperke. Dan is daar eet en kuier! Luane Jelliman 0844067055  

Afrikatale So.15:00

Veral huishulpe kry hier die woord en vriendskappe. Pastoor Thembalani Nonzima (0822149865) lei dit al jare in die Grot (ingang agter die bome onder kerktoring)  

Adoramus stiltediens: elke laaste Dinsdag van die maand 19:00

Adoramus beteken “ons aanbid”. Dis n halfuur waarin elkeen God persoonlik kan beleef. Daar is stilte, musiek, simbole, skriflesing en nadenke daaroor. Kom beleef dit elke laaste Dinsdag van die maand  (Liezel Bredenkamp 0823382896)