QUELLERINA GEMEENTE
  • Tuisblad
  • Galery
  • Preke
  • Kinderkerk
  • Huisgeloof
    • Familiewaardes
    • 21 Movies
    • Lysie van 5!
    • Ontmoet vir..
  • Reekse
    • Groei >
      • WINK
      • Leefkuns
    • Stiltetyd/Gebed >
      • Gebedskos
      • 21 Emosies
      • 21 Gebede
  • Maak kontak
  • Ondersteun ons

Groei Groepe

Week 6 - Kuiergroep

6/26/2024

0 Comments

 
Kuiergroepbesprekingvrae:

​1. Watter tipis verse en stereotipiese realises ervaar mense wanneer hulle die woord 'evangelisasie' hoor? Wat keer jou om die Goeie Nuus met ander te deel?
2. Wat dink jy kan deel wees van die lewensboodskap wat God jou gegeerd het om met die wêreld te deel?
​3. Noem die naam van 'n ongelovige vriend sodat elkeen in die groep vir daardie persoon kan begin bid.
4. Wat kan ons as groep saam doen om te help om die Groop Opdrag uit te voer?
5. Hoe het die lees van hierdie boek jou levensdoel 
herfocus of in 'n nuwe rigting gestuur? Wat was van die meer behulpsame insigte?
6. Aan wie laat God jou dink met wie jy die Lewensveranderende boodskap van hierdie boek kan deel?
7. Wat gaan ons hierna bestudeer? (Sien belaag 2 vir voorstelle)
8. Stuur asseblief  vir my jou groep se storie per epos. Ek sal julle graag wil aanhou help.
0 Comments

Week 5 - Kuiergroep

6/19/2024

0 Comments

 
Kuiergroep Besprekingsvrae:

1. Hoe verskil "om jou vorm te gebruik om ander te dien" van die manier hoe die meeste mense 'bediening' verstaan?
2. Wat is jy lief om te doen wat jy kan gebruik om ander in God se huisgesin te dien?
3. Dink aan 'n pynlike ervaring wat jy beleef het, wat God kan gebruik om ander wat hulle in dieselfde situatie bevind, te help.
​4. Hoe verhinder die vergelyking van onsself met ander ons, om ons unieke vorm ten volle te ontwikkel?
5. Hoe het jy God se krag deur jou sien werk toe jy swak gevoel het?
​6. Hoe kan ons elke lid van ons kluiergroep of klas help om 'n plek in die bediening te vind? Wat kan ons groep doen om ons kerkgesin te dien?

0 Comments

Week 4 - Kuiergroep

6/12/2024

0 Comments

 
Kuiergroep besprekingsvrae:

1.⁠ ⁠Hoe het God pyn of probleme gebruik om jou te help groei?
2.⁠ ⁠Wanneer is jy die meeste weerloos teen versoeking? Watter van die stappe om versoeking te oorwin kan jou die meeste help?
3.⁠ ⁠Hoe verskil “om soos Jesus Christus te word” van die manier hoe die meeste mense ‘dissipelskap’ verstaan?
4.⁠ ⁠Watter veranderinge het jy in jou lewe opgemerk vandat jy ‘n gelowige geword het? Wat het ander raakgesien?
5.⁠ ⁠Op watter manier sal jy oor ‘n jaar van nou af meer soos Christus wil wees? Wat kan jy vandag doen om nader aan daardie doelwitte te kom?
6.⁠ ⁠Waar in jou geestelike groei moet jy geduldig wees omdat daar skynbaar min vordering is?
0 Comments

Week 3 - Kuiergroep

6/4/2024

0 Comments

 

Kuiergroepie besprekingsvrae:

1. Hoe verskil 'om net so toegewy te wees aan mekaar as wat ons aan Jesus Christus is' van die manier hoe die meeste mense 'gemeensaamheid' verstaan?
2. Watter hindernisse weerhou ons om ander gelowiges lief te hê en vir hulle om te gee?
3. Wat sal dit vir jou makliker maak om jou behoeftes, seerkry, vrese en hoop met ander te deel?
​4. Wat is die algemeenste verskoning wat mense as rede aanvoer waarom hulle nie by 'n kerk aansluit nie en hoe antwoord jy hulle?
5. Wat kan ons groep doen om die kerk se eenheid te beskerm en te bevorder? 
6. Is daar iemand met wie jy 'n verhouding moet herstel waarvoor ons vir jou kan bid?

0 Comments

Week 2 - Kuiergroep

5/30/2024

0 Comments

 

Kuiergroep beskprekingsvrae:

1. ​Hoe verskil 'om jou lewe vir God se plesier te leef' van die manier hoe die meeste mense aanbidding verstaan?
2. Hoe stem vriendskap met God ooreen met enige ander vriendskap en hoe verskil dit?
3. Vertel iets van 'n keer toe God ver gevoel het.
​4. Wat is vir jou die maklikste - openbare of private aanbidding? Watter een van die twee laat jou gewoonlik nader aan God voel?
5. Wanneer is dit gepas om uitdrukking te gee aan woede teenoor God?
6. Watter verse steek kop uit wanneer jy daaraan dink om jou hele lewe aan God oor te gee?

0 Comments

Week 1 - Kuiergroep

5/20/2024

0 Comments

 
 Kuiergroep beskprekingsvrae:

1. Wat dink jy is die implikasies van die eerste sin in hierdie boek: 'Dit gaan nie oor jou nie'?
2. Wat voel jy dryf die meeste mense se lewens? Wat was tot dusver die dryfkrag in jou lewe?
3. Watter beeld of metafoor beskryf jou lewe tot hiertoe? 'n Resies, 'n Sirius of iets anders?
4. As almal verstaan het dat die luwe op aarde in werklikheid 'n voorbereiding vir die ewigheid is, hoe anders sou ons opgetree het?
5. Waardeur word mense op aarde wangetrek wat hulle verhoed om vir God se doel te leef?
6. Waaraan was of is jy verbonden wat jou verhoed om God se doel uit te leef? 
0 Comments
Proudly powered by Weebly
  • Tuisblad
  • Galery
  • Preke
  • Kinderkerk
  • Huisgeloof
    • Familiewaardes
    • 21 Movies
    • Lysie van 5!
    • Ontmoet vir..
  • Reekse
    • Groei >
      • WINK
      • Leefkuns
    • Stiltetyd/Gebed >
      • Gebedskos
      • 21 Emosies
      • 21 Gebede
  • Maak kontak
  • Ondersteun ons