Iets vir almal

Iets vir almal

Ons bied iets vir elke ouderdom en smaak!

  • Selgroepe Ons omgeegroepe ontmoet elkeen by ’n huis op ’n tyd wat hul lede pas. Die gesprek is prakties, wat tans my geloofsbehoeftes is, en dan soek ons saam antwoorde uit die Woord van die Here. Groepe is ingedeel volgens vriendskappe. As jy belangstel, plaas ons jou by ’n groep, en as jy tuis voel, bly jy daar. Anders kuier jy verder tot jy ’n vertrouensgroep vind.

    Groepe & Kontak Details

    Kontakpersoon Tipe groep, tyd
    Andre Cronje (0848006543) 30-50jr So 17:30 – 19:30
    Leraars 60+jr Wo.9-10:00 by kerk
    Suzette Rautenbach (0824420086) 30+jr Wo 19:00
    Janna Erasmus (0833520839) Enkelinge, 55+jr Do.9:00 -11:00
    Dirk Maritz (0825784153) 50-60+jr Ma. 19:00
       
       
       
       
       
       
  • Gesinne: Happy@Home Kinders kry geloof by hul ouers, meer as by die kerk. Daarom is HUISGELOOF sentraal in ons bediening. Happy@Home help ouers om oor hul geloof gemaklik met hul kinders te gesels. Dit help alle huisgenote om hul geloof te deel. Ons definisie van “huis” is almal wat ‘n yskas deel! Huisgenote van alle ouderdomme is bedoel om mekaar te help met glo en dien. Ons moet mekaar so aanspoor tot liefde en goeie werke.
  • Babas en Kleuters Die moederskamer naby die westelike deur van die kerk is privaat agter glasvensters sodat kinders versorg (en selfs gevoed) kan word terwyl ‘n ouer darem deelneem aan die erediens.
  • Laerskool JIK en KfC maak dat kinders ons gemeente geniet. Hul word lekker maatjies al kom hul uit baie verskillende skole. Sonja Theart 0839508313
  • Hoërskool Die JAM-jeugdiens gee ervarings van God en verhoudings met vriende en volwasse vertrouelinge. Die Jeugspan ken elke kind se naam en hart.Ons gemeente is uniek deurdat elke graadgroep afsonderlik kamp elke jaar. Hier beleef elkeen God persoonlik en word die jeugsspanlid hul vriend.Luane Jelliman 0844067055
  • Jong Volwassenes Kom kuier by JAM Sondae 17:30 en kry vriende en dalk ‘n lekker takie ook – of ‘n selgroep.
  • Volwassenes Volwassenes is onder druk vandag. Werk is baie veeleisend, verkeer mors tyd en ons kry min tyd vir die belangrikste: geloof en ons gesinne. Soms kry ‘n huweliksmaat net die laaste tydjie van die dag want selfs grootouers moet soms ondersteun word.- Omgeegroepe help elkeen ware vriende kry. – Kinder- en jeugbediening steun ons opvoeding deur dieselfde waardes te plant. – Kampe (mans, vroue, retreats, avontuur, ens.) bou lekker vriendskappe en bind ons aan die groot Vriend. Kyk op kalender en Diensnuus vir datums. – Vroueaksie en Manneontbyt inspireer op Saterdagoggende en bind jou aan vriende
  • Seniors Vriendskap is kosbaar en word dieper as ons saam by Here kuier.- Verskeie selgroepe vir afgetredenes gee hierdie kans, veral die Woensdaggroep (in die jeuglokaal 9:00). – Kroonjare is ons kuiergroep wat ook eie aksies het. – ‘n Versorgingspan gee hulp aan veral bejaardes met die uitleen van rolstoele, ens. asook vervoer en selfs fisiese versorging. – By Waterval Village aftreeoord is daar maandeliks n spesiale diens.
  • Enkelinge Byna 25% van ons lidmate is enkelinge. Hul word deel van ‘n gesin, soms bloot by die erediens maar veral in selgroepe. Dis hoe God eensames laat woon in ‘n huisgesin (Ps.68:7)