This website uses marketing and tracking technologies. Opting out of this will opt you out of all cookies, except for those needed to run the website. Note that some products may not work as well without tracking cookies.
Opt Out of Cookies
Wie is ons?Quellerina is 'n omgeekerk wat leef vanuit ons persoonlikheid en dit met ander wil deel!
Ons persoonlikheid vat ons saam is die woord L.E.W.E. (Liefde, Egtheid, Warmte, Entoesiasme). Quellerina Gemeente is in 1976 gestig bedien tans 1100 lidmate aan die Wes-rand uit veral die woongebiede Florida Glen, Quellerina, Florida-Noord, Bergbron en Northcliff x25. Ander lidmate (70%) kom van wyd en syd oor die Wesrand en omstreke.
Ons ronde siersteen kerkgebou in Langelaan 81, Florida Glen, is ’n duidelike landmerk langs die N1-snelweg naby die Gordonweg-afrit. Ds Henk Theart en Ds Phil Grabe is tans leraars. Peet Swanepoel is die saakgelastigde en Luane Jelliman die gemeentebestuurder. Jaco Niemand is ons musiekdirekteur. |
Wat gaan hier aan?
Byeenkomste
Oggend Erediens
Sondae 09h00
Ons kerkgebou het ‘n besondere atmosfeer en ons mense voeg nog warmte by.
JIK
Kleuters, 3jr tot Gr.3 - Sondae 09h00
Ons kleinmensies geniet kerk so baie dat hul hul ouers wakker maak vir kerk op Sondae. Hul sing eers saam met die gr.4-6 kinders in die jeuglokaal, en kry dan ‘n boodskap en baie aktiwiteite in die kinderkerklokale (deur kombuis agter die kerk) Sonja Theart 0839508313
KFC
Gr4 tot Gr6 - Sondae 09h00
Na lekker saamsing met bewegings en dansies, kry hul ‘n boodskap met aktiwiteite en baie deelname.
JAM - Jeugdiens
Gr.7-20ers - Sondae 17h30
JAM is cool. Tieners kry hier die F’s van kerk “Faith, Fun, Friends and Food.” Ons kuier eers op die grasperk agter die kerk tot 17:30. Dan is daar lofprysing en ‘n boodskap in die saalgedeelte van die kerk. Dis nie sit en luister nie: dis ‘n ervaring waaraan elkeen deelneem. Dan gesels elke graadgroep saam met hul jeugspanlid oor die onderwerp buite op die grasperke. Dan is daar eet en kuier! Luane Jelliman 0844067055
Oggend Erediens
Sondae 09h00
Ons kerkgebou het ‘n besondere atmosfeer en ons mense voeg nog warmte by.
- Saamsing is werklik lofprysing met ‘n goeie orkes (en soms ook orrel) olv ons musiekdirekteur Jaco Niemand.
- Preke is prakties en Bybelgetrou. Ons gebruik gereeld visuele media en getuienis. Lidmate kry elke Vrydag ‘n SMS met die preektema en spesiale reëlings.
- Ons kuier graag voor en na die kerk met teedrink en lank gesels. Eredienswerkers sal jou by die deur ontvang en help waar nodig.
JIK
Kleuters, 3jr tot Gr.3 - Sondae 09h00
Ons kleinmensies geniet kerk so baie dat hul hul ouers wakker maak vir kerk op Sondae. Hul sing eers saam met die gr.4-6 kinders in die jeuglokaal, en kry dan ‘n boodskap en baie aktiwiteite in die kinderkerklokale (deur kombuis agter die kerk) Sonja Theart 0839508313
KFC
Gr4 tot Gr6 - Sondae 09h00
Na lekker saamsing met bewegings en dansies, kry hul ‘n boodskap met aktiwiteite en baie deelname.
JAM - Jeugdiens
Gr.7-20ers - Sondae 17h30
JAM is cool. Tieners kry hier die F’s van kerk “Faith, Fun, Friends and Food.” Ons kuier eers op die grasperk agter die kerk tot 17:30. Dan is daar lofprysing en ‘n boodskap in die saalgedeelte van die kerk. Dis nie sit en luister nie: dis ‘n ervaring waaraan elkeen deelneem. Dan gesels elke graadgroep saam met hul jeugspanlid oor die onderwerp buite op die grasperke. Dan is daar eet en kuier! Luane Jelliman 0844067055
Waar en Wanneer?Quellerina Gemeente
Lange Laan 81 Quellerina Johannesburg 1709 Maanda tot Vrydae 08h00 - 13h00 Sondae 09h00 17h30 |