Welkom by NG Quellerina. Ons leuse is:

Gaan Groot met Liefde

  • Almal is welkom!
  • Elkeen sal hier die liefde van ‘n familie kry!
  • Enigeen sal hier die Here kan dien en die vreugde van diens beleef!

Ons bedien nie net eie lidmate nie. Ons roeping is dat lidmate die hande en voete is wat die wêreld bedien en ‘n beter plek help maak.

  • Gaan: moenie wag dat iemand nader kom nie, gaan soek orals!
  • Groot: moenie klein droom nie, maak hierdie jaar groter as ooit!
  • Liefde: die basis van alles, liefde vir God bo alles, liefde vir my naaste en myself in balans.