SONDAG EREDIENSTE

  • 9:00 - Oggenddiens
  • 9:00 - Kategese: Gr.4 - 6
  • 9:00 - Kinderkerk
  • 15:00 - Afrikataal-diens
  • 17:30 - Jeugdiens

VOLGENDE OP DIE KALENDER

  • Events are coming soon, stay tuned!

Tuisblad

Kersgeskenke praat aanhoudend

As woorde nie alles sê nie, wat dan? As my gevoelens in my hart te veel is om in woorde uit te druk, wat dan?

Dan gee ek ‘n geskenk.

  • Dalk was dit die rede hoekom die sterrekykers vir Jesus geskenke van goud, wierook en mirre gegee het.  Dit was nie genoeg om vir Hom net te sê dat hul Hom as koning erken nie. Toe gee hul koningsgeskenke.
  • Dalk is dit die rede hoekom ons Kersgeskenke gee vir almal wat ons lief het.  Dis nie genoeg dat ons dit net met woorde sê nie.
  • Dalk is dit hoekom veral vrouens so graag vir ‘n vriendin iets moois koop.  Want my woorde van dank of liefde verdwyn vinnig, maar die geskenkie gaan aanhoudend met my vriendin praat.

Beslis is dit die rede hoekom God sy Seun vir ons as geskenk gegee hetWant sy woorde uit die hemel en deur profete was nie genoeg nie.  God wou met hierdie grootste geskenk sê hoe enorm groot sy liefde is.  Daardie geskenk (Jesus) praat aanhoudend.  As ons soms twyfel oor God se liefde, veral in pynlike tye, dan kan ons net na ons Geskenk kyk, en dan ophou twyfel.

As ek ‘n Kersgeskenk ontvang, moet ek dus luister na die geskenke se “woorde”, nie net kyk na die prys of die nut nie.  Die kleinste geskenk praat oor liefde.  Kyk eerder na die oë van die gewer as na hul hande. Dis die oë wat van liefde praat.

As ek ‘n Kersgeskenk gee, moet ek die heel meeste my liefde in die mooi papier toedraai, nie die duur of goedkoop geskenkie nie.

Geniet jou Geskenk Jesus, en elke liefdesgeskenkie op 25 Des.

Henk +Henk