Picture

​quellerina gemeente

  QUELLERINA GEMEENTE
  • Tuis
  • Preke
  • Huisgeloof
    • Familiewaardes
    • 21 Movies
    • Lysie van 5!
    • Ontmoet vir..
  • Reekse
    • WinK
    • Groei >
      • Leefkuns
    • Stiltetyd/Gebed >
      • Gebedskos
      • 21 Emosies
      • 21 Gebede
  • Maak kontak
  • Galery
  • HELP ONS GROEI


lewe saam ons 
​Liefde, Egtheid, welwillendheid & entosiasme

Quellerina is 'n omgeekerk wat leef vanuit ons persoonlikheid en dit met ander wil deel! 
Ons persoonlikheid vat ons saam is die woord L.E.W.E. (Liefde, Egtheid, Warmte, Entoesiasme). 

Quellerina Gemeente is in 1976 gestig bedien tans 1100 lidmate aan die Wes-rand uit veral die woongebiede Florida Glen, Quellerina, Florida-Noord, Bergbron en Northcliff x25. Ander lidmate (70%) kom van wyd en syd oor die Wesrand en omstreke.  

Ons ronde siersteen kerkgebou in Langelaan 81, Florida Glen, is ’n duidelike landmerk langs die N1-snelweg naby die Gordonweg-afrit.  

Ds Henk Theart is tans leraars. Peet Swanepoel is die saakgelastigde en Luane Jelliman die gemeentebestuurder.  Jaco Niemand is ons musiekdirekteur.
Byeenkomste:

Picture
Sondae Erediens
09h00
Ons kerkgebou het ‘n besondere atmosfeer en ons mense voeg nog warmte by.
  • Saamsing is werklik lofprysing met ‘n goeie orkes (en soms ook orrel) olv ons musiekdirekteur Jaco Niemand.
  • Preke is prakties en Bybelgetrou. Ons gebruik gereeld visuele media en getuienis. Lidmate kry elke Vrydag ‘n SMS met die preektema en spesiale reëlings.
  • Ons kuier graag voor en na die kerk met die drink tee/koffie en lank gesels. Eredienswerkers sal jou by die deur ontvang en help waar nodig. ​
Picture
JIK
Kleuters, 3jr tot Gr.3 - Sondae 09h00

Ons kleinmensies geniet kerk so baie dat hul hul ouers wakker maak vir kerk op Sondae. Hul sing eers saam met die gr.4-6 kinders in die jeuglokaal, en kry dan ‘n boodskap en baie aktiwiteite in die kinderkerklokale (deur kombuis agter die kerk)
​Sonja Theart 083 950 8313.
Picture
Huiskerk
​
Skakel gerus in op ons
Youtube kanaal en Subscribe vir die nuutste preeke & videos
Picture
KFC
Gr4 tot Gr6 - Sondae 09h00 

Na lekker saamsing met bewegings en dansies, kry hul ‘n boodskap met aktiwiteite en baie deelname.  ​
Picture
JAM - Jeugdiens
Gr.7-20ers - Sondae 17h30
JAM is cool. Tieners kry hier die F’s van kerk “Faith, Fun, Friends and Food.” Ons kuier eers op die grasperk agter die kerk tot 17:30. Dan is daar lofprysing en ‘n boodskap in die saalgedeelte van die kerk. Dis nie sit en luister nie: dis ‘n ervaring waaraan elkeen deelneem. Dan gesels elke graadgroep saam met hul jeugspanlid oor die onderwerp buite op die grasperke. Dan is daar eet en kuier!  Deon Brand 065 687 3592 of Luane Jelliman 084 406 7055.

Gaan uit en Deel L.E.W.E!


Waar en Wanneer?

Sondae
Erediens - 09h00 - 10h30
Jeug Diens - 17h30 - 19h00
Quellerina Gemeente
Lange Laan 81, Quellerina
Johannesburg
1709
​Kantoorure:
Maandag tot Vrydae
08h00 - 13h00

Quellerina Gemeente

Tuisblad
Preke
Reekse
Maak Kontak
Ondersteun Ons
Copyright © 2022

本网站使用营销和跟踪技术。取消使用将使您停用网站运行所必需的 Cookie 之外的所有 Cookie。请注意,如果没有跟踪 Cookie,我们的一些产品可能无法正常工作。

停用 Cookie
Proudly powered by Weebly
  • Tuis
  • Preke
  • Huisgeloof
    • Familiewaardes
    • 21 Movies
    • Lysie van 5!
    • Ontmoet vir..
  • Reekse
    • WinK
    • Groei >
      • Leefkuns
    • Stiltetyd/Gebed >
      • Gebedskos
      • 21 Emosies
      • 21 Gebede
  • Maak kontak
  • Galery
  • HELP ONS GROEI