W-in-K Woord in Konteks Woord in Konteks kom elke Woensdag om 18:30 bymekaar. Ons bestudeer die Bybel om dit dieper en eerliker te verstaan soos dit oorspronklik bedoel is. Ons kyk na die Woord binne sy konteks en hoe dit in vandag se konteks aansluit.
ons gee aandag aan onder andere: • geskiedenis • geografie • politiek • mitologie • sosio ekonomiese faktore • en meer Deur die teks in konteks te lees, wil ons die boodskap van die Bybel beter verstaan en ontdek hoe dit vandag nog betekenis het vir ons lewens. Jy is baie welkom om saam met ons te kom kuier.